FAK en AfriForum gedenk die Slag van Bronkhorstspruit
Die Boeremonument op die slagveldterrein is op Saterdag, 24 September deur die twee groepe besoek en skoongemaak.
Die Slag van Bronkhorstspruit wat op 20 Desember 1880 plaasgevind het, was die eerste geveg van die eerste vryheidsoorlog.
Die FAK en Bronkhorstspruit se AfriForum-tak het besluit om op Erfenisdag dié geskiedkundige gebeurtenis te vier.
Die Boeremonument op die slagveldterrein is op Saterdag, 24 September deur die twee groepe besoek en skoongemaak.
Ds. Jan van Staden van die Hervormde Kerk op Bronkhorstspruit het die verrigtinge geopen waarna ’n krans by die monumentgedenksteen van die boere gelê is.
“Ons het later na die graf van Albert Kieser gegaan. Kieser was die enigste persoon aan die boerekant wat tydens die Slag van Bronkhorstspruit gesterf het,” het Magda Lewis, voorsitter van AfriForum in Bronkhorstspruit, gesê.
Kolonel Chris van Wyk het die groep toegespreek en sy kennis rondom die gebeure van 1880 gedeel. Die groep het daarna braaidag gevier.
LEES OOK: Police team clamp down on suspected drug peddlers in Delmas








