Local newsNews

SHS vier 100-jarige bestaan

Oud-onderwyser en kunstenaar, Oom Nic Oosthuizen, se skilderye en potloodsketse is ook opgeveil.

Hoërskool Standerton se 100-jarige feesvieringe het op Vrydag 23 September met ’n reünie van oud-leerders afgeskop.

“Manne dis ’n voorreg om ’n hardekool te deel,” het opgeklink van die klankstelsel.

Die braaivleisvure is aangesteek en mense het deur die hekke met hul koelsakke begin beweeg. Oud-onderwyser en kunstenaar, Oom Nic Oosthuizen, se skilderye en potloodsketse is ook opgeveil.

SHS het ’n propvolprogram aangebied met onder meer ’n teetuin, gholfdag en vertoning deur kunstenaars op Saterdag 24 September.

Die beheerliggaan en bestuur van SHS het gesê dat dit ’n groot voorreg was om die oud-leerders en die gemeenskap by die skool te kon ontvang.


LEES OOK: Bronkhorstspruit Regional Court hits rapist with 20 years


“Dit was ons verantwoordelikheid om dié wonderlike skool se 100ste bestaansjaar ordentlik te vier, en ek dink ons kan met trots sê dat dit ’n sukses was,” het Manus Mentz gesê

“ Die komplimente van oud-leerders, wat jare gelede by die skool was, was voorwaar ‘n riem onder die hart.”

Die Saterdagoggend is gereël dat van die oud-leerders deur die skool kon stap en hulle is in die voorportaal ontvang.

“Pieter Koen het die Saterdagaand afgesluit met ’n ongelooflike optrede en almal gemotiveer om dit ’n jaarlikse instelling te maak,” het Mentz bygevoeg.

“Wie weet, dalk is die die begin van die jaarlikse SHS Bakgat-fees.”


At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button