AfriForum kies loodskomitee vir Bronberg-tak
“AfriForum het die Bronberg-tak gestig om die probleme wat inwoners ervaar, uit die weg te ruim.”

Die burgerregteorganisasie AfriForum het ’n loodskomitee verkies om die Bronberg-tak op die been te bring.
Die Bronberg-tak sluit die gebiede van Donkerhoek, Rhenosterfontein, Kleinfontein, Boschkop en Tweedracht in.
Dié tak is reeds met die beplanning van aksies besig wat hulle in die toekoms van stapel gaan stuur. Die takbestuur versoek ook die gemeenskap om by dié tak betrokke te raak.
Daar sal vroeg in volgende jaar ’n verkiesing gehou word om die bestuur vir die Bronberg-tak te kies.
Die nuut-verkose loodskomitee bestaan uit die voorsitter, Stefan Wiese, Herman Bauling as ondervoorsitter, Robert Hanekom as tesourier en Tercia Lombard as sekretaresse.
“AfriForum het die Bronberg-tak gestig om die probleme wat inwoners ervaar, uit die weg te ruim.
“Die loodskomitee wil graag saam met die gemeenskap aan volhoubare selfdoenprojekte werk.
“Wanneer die gemeenskap saamstaan en hard werk, kan hulle ’n beter omgewing vir almal skep,” het Sampie Steinberg, AfriForum se distrikskoördineerder vir Groter Pretoria-Noord gesê.
LEES OOK: AfriForum plant bome by skole op Secunda
LEES OOK: FAK en AfriForum gedenk die Slag van Bronkhorstspruit



