Local newsNews

Theuns Adendorff van Standerton emigreer na Engeland

Theuns het grondige, tegniese kennis en sal die arbeidsmark in Engeland betree met 20 jaar ondervinding agter die blad.

Skoenmaker gaan hom by sy lees hou. Theuns Adendorff van Standerton sal teen ter perse gaan reeds ’n vliegtuig na Engeland gehaal het.

Dié gekwalifiseerde passer sal via Doebai na Manchester vlieg en by sy eggenoot, Jo-Anne aansluit.

Sy is reeds geruimte tyd in die noorde van Brittanje en sy ‘timing’ is perfek want hy is net betyds vir die Adendorffs se huweliksherdenking op Maandag 10 Oktober.

Sy gholfvrinne het juis verlede Woensdag ’n afskeidpartytjie by die buiteklub gereël. Hulle sal ook sorg dat sy voertuig se battery van tyd tot tyd gelaai word vir sy terugkoms.

Theuns het grondige, tegniese kennis en sal die arbeidsmark in Engeland betree met 20 jaar ondervinding agter die blad.


LEES OOK: Nearly 80 participants enter parkrun in Standerton


Hy bly reeds op webwerwe om potensiële werkgewers en onderhoude te skeduleer.

Die gholfstokke gaan natuurlik saam om in die romp van die Emirates-vlug knus verpak te wees. Hy sal sy voorgee van 10 aan die Engelse spelers meet.

“My gholfstokke word eerste ingepak,” het hy gesê.

“Ek het my grootste pak slae teen Nick Momberg gekry toe die Ou Toppies die jonger manne ore aangesit het. Ek het waardevolle lesse by ouer mans geleer en dit was ’n voorreg om saam met Hans Lindeque te speel.”

Sy visstokke bly ook nie agter nie. ’n Bielie van ’n geelvis, wat die skaal na 11kg laat kantel het, is by Grootdraaidam uitgetrek. Theuns het hom onderskei in vele fasette van die sportsamelewing en gemeenskapslewe.


LEES OOK: Skade na brand by meenthuis by ouetehuis op Standerton


Hy het meegedoen aan rolbal se besigheidsliga, was lid van onder meer Meyerville Hengelklub en Aquarius, krieketklub se bouler wat vroeg kon inkom, slot vir die rugbyklub tydens hul bloeijare, noem maar op.

Hy het ook leiding op uitvoerende besture geneem en was vir sowat ses jaar die gholfkaptein, voorsitter van die krieketklub en die voormalige Round Table se voorsitter op die koop toe.

Moet hom ook nie saam met die baba of die badwater uitgooi as dit kom by sy kookvernuf nie.

Theuns het klaarblyklik die ‘mystery basket’ van die Kokkedoor-kompetisie doeriejare by die Standerton Skouterrein net een kyk gegee en met die eerste plek weggestap.


LEES OOK: Water saving measures needs to be adopted in Standerton


Sy vernaamste teenstander was ’n gesoute, bekwame VLU-vrou, Gerda Büter in die eindstryd. Dalk is dit in die gene, ma Ria en haar spyseniering gaan ook fluks voort.

Sy dogter Jolanka het sopas haar matriekafskeid op Secunda gehad en beplan ’n loopbaan in die onderwys.

“Ek het hegte vrienskapsbande op Standerton gesmee,” het Theuns ook gesê.

Hy gaan om Britse burgerskap aansoek doen en die visum is in die sakkie.

“Ek is baie opgewonde,” het hy mee afgesluit.


At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button