Local newsNews

’n Bestiering dat familie nie tuis is toe huis op Standerton brand

Standerton Polisie het een verdagte in hegtenis geneem, wat die afgelope week in die Standerton Landdroshof verskyn het.

Beweerde brandstigting op Woensdag 12 Oktober het daartoe gelei dat ’n Eskom-huis in Kosmospark in vlamme opgegaan het.

Die Greyling-familie is almal geraak deur die voorval, hoewel hulle nie in die huis was nie.

Jéan Greyling het sy ouers, Frik en Elize Greyling, asook sy suster, Lelanie en haar sesjarige dogtertjie reeds die vorige aand na sy huis in Meyerville geneem.

’n Assessor het op 13 Oktober skadeberaming begin bepaal.


LEES OOK: Sharon-Lee Stander van Bronkhorstspruit baklei voort


Standerton Polisie het ’n verdagte in hegtenis geneem, wat die afgelope week in die Standerton Landdroshof verskyn het.

Standerton Brandweerdienste was vinnig op die toneel.

“Hulle verdien ’n pluimpie,” het Jéan Greyling gesê.

Die Standerton Advertiser kon weens spertydfaktore nie al die rolspelers se kommentaar kry nie, maar sal ’n volledige artikel so gou moontlik publiseer.


LEES OOK: Robbers try to hide in shop ceiling in Leandra to no avail


At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button