Local newsNews

Mega-T ekspo naby Rayton bring die vervoerindustrie byeen

Daar was ongeveer 80 uitstallers wat hul onderskeie produkte in die vargmotorbedryf aan die publiek ten toon gestel het.

Vervoermaand het die geboorte van die Mega-T Ekspo, in samewerking met die organiseerders van KragDag, tot gevolg gehad.

Die heel eerste Mega-T Ekspo is op Vrydag, 6 Oktober en Saterdag, 7 Oktober by die Diamantvallei Landgoed in die Rayton-omgewing aangebied.

Die inisiatief is in samewerking met die organiseerders van die KragDag-ekspo’s en die Road Freight Association (RFA) daargestel en het ten doel om die nuutste ontwikkelinge en oplossings vir die vervoerindustrie te bied.

“Hoewel daar ’n hele paar binnenshuise ekspo’s in Suid-Afrika plaasvind, bied hierdie opelug geleentheid nie net ’n platvorm vir die besluitnemers in die industrie om te netwerk en handel te dryf nie, maar is ook ’n prettige vragmotorskou wat daarop fokus om die hele gesin te betrek, met verskeie aktiwiteite en besienswaardighede vir oud en jonk,” het Soné Saunders in ’n mediaverklaring soos uitgereik op Dinsdag, 11 Oktober, gesê.


ALSO READ: Willie van Molendorff vier 96ste jaar op Cullinan


Sowat 80 uitstallers het hul onderskeie produkte in die vragmotorbedryf aan die publiek uitgestal. Die onderskeie kategorieë het onder andere vragmotors, sleepwaens, opsporingstelsels, bande, insleepdienste, sekuriteit, versekering, vlootbestuur, brandstofstelsels asook media- en handelsmerk-bekendstellings ingesluit.

Verder was die lugambulans- en reddingsverskaffer, Rocket HEMS, daar om hul noodtoepassing te demonstreer.

Die unieke funksie is gedurende September bekendgestel en werk deur middel van ’n slim-toep-paniekfunksie of ’n oproep na hul 24-uur inbelsentrum vir alle intekenare.

Mega-T Ekspogangers het ook van die geleentheid gebruik gemaak om helikopterritte in ’n JetRanger mee te maak.

Afrika se grootste bestuurderopleidingsentrum, Innovative Learning Solutions (ILS), het vir die duur van die ekspo ’n span van hul top-instrukteurs op die terrein gehad.


ALSO READ: Councillor of Ward 105 in City of Tshwane dies in car accident


Die span het die bestuursvernuf van vragmotors aan besoekers gedemonstreer. Die voormalige Gladiator, bekende akteur en komediant Garth Collins, het ook ’n draai by die ekspo gemaak.

Collins het saam met die SA Sterkman Unie besoekers met ’n paar indrukwekkende demonstrasies vermaak.

Daar was ook ’n verskeidenheid kosstalletjie en besoekers kon kies en keur,” het Saunders ook laat hoor.

In die biertuin en rondom middagete het die bekende rockgroep Clint & Co, Ruan Nel asook Michelle Abreu vir groot vermaak gesorg.

“Teken solank 5 tot 7 Oktober 2023 in jou dagboek aan en maak seker dat jy nie dié ekspo volgende jaar misloop nie.”


At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button