Local newsNews

Hoërskool Oosterland raap pryse op by nasionale orkeskompetisie op Secunda

Die orkes se tamboermajoor het ook ’n eerste plek behaal.

Hoërskool Oosterland se orkes het die pryse ingeryg by die nasionale orkeskompetisie wat op Vrydag, 7 Oktober, en Saterdag, 8 Oktober, by dié skool gehou is.

Die orkes en hul afrigter, Carel Marais, het maande lank hard vir hierdie kompetisie geoefen en die uitslae het daarvan bewys.

Hulle het ’n eerste plek behaal in die ope konsert-afdeling waar hul Lion King-stuk die trane laat rol het.

Die orkes het oop eerste plekke verwerf met verhoogdissipline en inspeksies. Die Oosies se tamboermajoor, Conrad Powell het ook ’n eerste plek vir sy skool verseker.


LEES OOK: Bleak future for Melokuhle from Standerton


Dit was die eerste jaar wat Conrad as tamboermajoor deelgeneem het. Die Oosterland Orkes se ensamble en perkussie het tweede plekke verwerf.

Hulle het ook derde plekke behaal in die vertoon- en marsorkesafdelings. Die skool se bemarker, Claudia Venter, het die kompetisie as spanningsvol beskryf.

“Ons salueer die orkes en mnr. Marais vir hul uitsonderlike prestasie,” het sy gesê.

Sy het hul borge, ondersteuners en elkeen wat gehelp het om die kompetisie suksesvol te laat verloop, bedank.


LEES OOK: Kinross Hindu Society will host Diwali celebrations this weekend


At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button