Local newsNews

Witpoort se gholfdag in geld vir kinderfonds

Apex-span stap met eerste prys weg.

Die Kaatvoet Kinderfonds in samewerking met Laerskool Witpoort, het op 6 Oktober hul jaarlikse Witpoort Classic Gholfdag by die State Mine-gholfbaan aangebied.

Die Apex-span is die wenners van die dag. Bell Equipment het die tweede plek geëis en die Ringer Eagles was derde.

Elsabe Miller en Johre Botha het weggestap met die pryse vir die langste dryf.

Reinhardt de Bruyn, Marius Kruger, Mich Joubert en Johre Botha is elk met ’n prys vir naaste aan die pen beloon.

“Dit was ‘n suksesvolle dag op die baan. Baie dankie aan al die spanne en spelers wat die gholfdag bygewoon het en ons skool ondersteun het,” het Bernice van Staden, hoof van bemarking en projekte by Laerskool Witpoort, gesê.


At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button