Local newsNews
Hengelaars kan groot prysgeld wen Karp-Fees op Standerton
Hengelaars kan groot prysegeld wen.
Die PNP Baber en Karp-Fees vind op Saterdag, 29 Oktober by die Grootdraaidam op Standerton plaas.
Inskrywingsgeld is R300 per hengelaar en hengelaars sal vanaf bote of die oewer kan hengel.
Daar is groot prysgeld op die spel wat insluit R25 000 vir die grootste baber en R10 000 vir die grootste karp.
Hengelaars staan ook die kans om pryse te wen in die gelukkige trekkings.
Vir meer inligting, skakel Flippie by 083 845 8643 of Riaan by 083 460 9486 of vir kampering skakel 083 560 1711.
LEES OOK: Rudie ‘Vleis’ Visagie en gade bring hul getuienis na Delmas
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!



