Local newsNews

Standerton se Klipkerk hou Kersete vir seniorburgers

Hy het die geleentheid beskryf as ’n kans om vriendskapsbande te smee.

Die Moedergemeente van die N.G. Kerk het op Donderdag 27 Oktober seniorbugers, of die 60 plussers, by ’n Kersete verwelkom.

Die tafels in die saal was keurig gedek en geen moeite is ontsien om teenwoordiges met ’n spesiale kolwyntjie en geskenk te bederf nie.

Ds. Wihahn de Beer het die verwelkoming gedoen en gesê dit is ’n voorreg om in dié gemeente werksaam te wees.

Hy het die geleentheid beskryf as ’n kans om vriendskapsbande te smee. Sy boodskap het gewentel om Joh 21:15 waar Christus aan Simon Petrus sy opdrag gee.

“In Kerstyd is dit ook ons roeping en opdrag om liefde te deel,” het ds. De Beer bygevoeg.

Hy het almal wat bydraes gelewer het, bedank. Seniorburgers het in ’n gemoedelike atmosfeer hul ete geniet.

Sakkie Zwarts het namens die gemeente die leraar vir sy bydrae bedank.


LEES OOK: Expert talks in Secunda about digital addiction

LEES OOK: Vaalrivier VLU-vroue leer hoe om koffiestaanders te maak


At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button