Hoëveld Fotografieklub se lede skryf beste fotos in
Belangstellendes is welkom om volgende byeenkoms by te woon.
Fotograwe het weer hul beste fotos ingeskryf vir die Hoëveld Fotografieklub se maandelikse byeenkoms wat op Vrydag, 7 Oktober plaasgevind het.
Die beoordelaar vir die aand was Amy Ansell en die voorgeskrewe onderwerp vir Oktober was ‘Dark/Moody Food’.
James Harris het dié afdeling gewen met sy foto, Chocolate and Roses.
Harris het ook sertifikate van meriete ontvang vir sy fotos, Balito Boomslang, in die natuurafdeling en Rustic in die pikturale afdeling.
Dr Leon Pelser was die beste onder die senior fotograwe met sy foto, Colourful Locust in die pikturale afdeling en Louis van der Walt was die beste onder die junior fotograwe met sy foto, Emerging from its Chrysalis, in die natuurafdeling.
Dr. Pelser het ook ’n sertifikaat van meriete vir sy fotos, Golden Hour, in die landskapafdeling, African Girl in die tweekleurige foto-afdeling en Gecko Reflexion in die natuurafdeling ontvang.
Van der Walt het ook sertifikate van meriete vir sy fotos, Kan Nie DOOD Willow, in die landskapafdeling, Moody Chalong Temple in die tweekleurige foto-afdeling, Rapunzels Tower in die pikturale afdeling en In the Dark Food in die voorgeskrewe onderwerpafdeling.
Die ander fotograwe wat sertifikate van meriete ontvang het, is Yolande Pietersen vir haar fotos, Dikkop in die natuurafdeling, Eerste Span Rugby Druk ’n Drie in die fotojoernalistieke afdeling en Blueberry Rain in die voorgeskrewe onderwerpafdeling, Sussa Pelser vir haar fotos, Juvenile Bataleur Eagle Portrait in natuurafdeling, House in Canola Fields in die landskapafdeling, Enjoying Cosmos Pollen, ook in die natuurafdeling en Soccer Player Sias in die pikturale afdeling, Piet Potgieter vir sy fotos, Narrow Shade in die landskapafdeling en Eskom Supper in die voorgeskrewe onderwerp-afdeling, Peter Winnan vir sy fotos, Milkyway over Vingerklip Rock in die landskapafdeling, Dead Vlei in die tweekleurige foto-afdeling en Young Male Resting in die natuurafdeling, Danie Smit vir sy fotos, Kleinmond Mountain Silhouette in die tweekleurige foto-afdeling en Toonbrode in die voorgeskrewe onderwerpafdeling, Johan Coetzee vir sy fotos, Lone Fisherman in die tweekleurige foto-afdeling en Port Side en Muddy Affair, albei in die fotojoernalistieke afdeling, Anzette Snydes vir haar fotos, Miniata in die pikturale afdeling en Darkness my Old Friend in die voorgeskrewe onderwerpafdeling, Barbara Mitton vir haar foto, My Lunch in die natuurafdeling, Johan Viljoen vir sy fotos, Scared en Hands, beide in die pikturale afdeling en The Sour Side in die voorgeskrewe onderwerpafdeling en Lorraine Botha vir haar foto, Time vs God.
Die Hoëveld Fotografieklub se volgende byeenkoms is op Vrydag, 4 November om 18:00 vir 18:30 by die Scrum Inn by die Sasol Ontspanningsklub.
Belangstellendes is welkom om dié byeenkoms by te woon. Vir meer inligting, skakel Hanno de Beer by 071 365 6440.





