Local newsNews

Flash die skaaphond is steeds weg

Flash nogsteeds vermis na die voertuig ongeluk.

Flash die skaaphond is steeds weg na hy op Maandag, 24 Oktober saam met sy eienaar, Shane Botha, in ’n motorongeluk op die N4-snelweg was.

Die ongeluk het naby Machine Hire en net na die Highveld Steel- en Balmoral-afrit gebeur.

Botha se voertuig het glo op olie op die pad-oppervlak gegly en die pad byster geraak. Dit het ’n paar keer gerol.

Volgense Marinda Scheepers Swart, ’n vriendin van Shane, het Flash uit die motor gespring net toe Botha die deur oopgemaak het.

“Hy het pad gevat, want hy was reeds getraumatiseerd weens die swaar weer daardie middag en toe gebeur die ongeluk ook nog,” het Scheepers Swart gesê.

Mense het wyd en suid boodskappe op sosiale media uitgestuur om vir Flash op te spoor.

Flash is laaste gesien tussen Bapsfontein en Bronkhorstspruit.

“Shane het Flash by die Witbank DBV aangeneem en is versot op sy hond.

“Flash het ’n groot liefde vir tennisballe tot die punt waar hy homself heeltemal moeg speel.

“Hy was altyd baie sku vir mense, maar het so mooi begin regkom met al die liefde wat hy van Shane ontvang het,” het ’n hartseer Scheepers Swart vertel.

As enige iemand hom gewaar, skakel dadelik vir Botha by 082 567 9177 of vir Scheepers Swart by 083 774 2963.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button