AfriForum’s Bronkhorstspruit branch patrol N4
Buurtwagte in Groter-Moot, Centurion en Bronkhorstspruit patrolleer N4-snelweg.
AfriForum-buurtwagte in Bronkhorstspruit, Moot en Centurion was onlangs uit op ’n massapatrollie op die N4-snelweg tussen Bronkhorstrpuit en Pretoria.
“Ons neem deel aan patrollies soos hierdie om die paaie vir ons landsburgers veiliger te maak. Ons kan nie net toekyk hoe ons mense se lewens nag ná nag bedreig word nie,” het Sampie Steinberg, distrikskoördineerder vir die Groter Pretoria-Noord gesê.
Die verskeie buurtwagte het die N4 tussen 20:00 tot net na midderdag gepatrolleer met die doel om ’n veiliger omgewing en paaie te verseker.
Dit volg na die toename in motors wat oor speke in die pad gery het op dié spesifieke snelweg,” het Donavan Fernandez, voorsitter van AfriForum Bronkhorstspruit gewaarsku.
LEES OOK: Motorist sustains injuries when bakkie crashes into tree, lamp post in Secunda
Hy het mense wat laat aand die N4 moét gebruik aangeraai om eerder in ’n konfooi te ry as om alleen die pad aan te durf.
Verder het hy aanbeveel dat bestuurders veel eerder verblyf- of alternatiewe slaapreëlings moet tref as om op dié snelweg te ry ná donker.
Hy het gesê motors word tans een vir een geteiken.
“AfriForum sal voortgaan om inisiatiewe van dié aard van stapel te stuur om die kriminele weg te dryf,” het De Wet Ungerer, distrikskoördineerder vir die Groter Pretoria-Suid gesê.






