Local newsNews

Lientjie Wessels van Cullinan wys elke pizza het ’n wynsoort

Suksesvolle wyn en pizza paring deur Lientjie Wessels en Barth Eksteen.

Die bekende sjef en kunstenaar, Lientjie Wessels van Cullinan, het op 10 November ’n eksklusiewe pizza- en wyn-paringsaand by ’n restaurant op Cullinan aangebied.

“Ek het die idee gekry nadat ek so effe in vervoering geraak het met die Netflix-reeks, Chef’s Tables Pizza, en toe besluit het dat ek ’n houtvuur-pizza-oond, heerlike deeg, wonderlike personeel en ’n uitmuntende restauranteienaar, Jan Theron, tot my beskikking het, kom ek doen ietsie buitengewoon op die dorp,” het Wessels verduidelik.

Die ses verskillende pizzas, waarvan vyf sout was (gerookte hoender; eetbare blomme; appelliefie; aspersie en chilli), asook die soet ene met bloukaas, neute en vye, is elkeen gepaar met ’n spesifieke Bartho Eksteen-wyn.

“Bartho is passievol en ’n goeie wynmaker. Sy wynplaas in die Hemel-en-Aarde-distrik in Hermanus maak uitmuntende wyn en elke pizza en wyn is gepaar met ’n spesifieke rede ingedagte,” het Wessels vertel.

Babette Grobler, een van die gaste het die volgende te sê gehad: “Die soet pizza was fenominaal, maar ons het almal ons voorkeure. Ek het die aand baie geniet en die pizzas was heerlik.”

Nog ’n gas, Marius Conradie, het gesê die pizza se geure en wyn-keuses was briljant.

“Die geselskap en die wynverskaffer se inligting voor elke nuwe pizza- en wyn-kombinasie was puik.”

Wanita Viljoen was dit eens dat dié aand iets besonders was.

“Vir my was dit soos ’n ontdekkingsreis na ses onbekende bestemmings. Elke ervaring was onverwags fantasties.”


At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button