Local newsNews

PAS BEKEND: Willem Kruger se bakkie in rivier gevind

Kruger het verlede Saterdag 12 November ’n funksie by Henbase Lodge, tussen Amersfoort en Morgenzon, bygewoon.

Die voertuig waarmee die vermiste Willem Kruger (29) van Groblersdal gery het, is vandag, 22 November in die Vaalrivier by Henbase Lodge gevind.

Volgens inligting, is ’n liggaam ook gevind.

Duikers van die Mpumalanga binnelandse-waterpolisie, die Lydensburgse K9-soek en-reddingseenheid, Delta 1 Rescue Diving van Secunda en Gauteng EMS het die voertuig en liggaam uit die water gehaal.

Kruger het op 13 Oktober ’n rampartytjie by Henbase Lodge bygewoon en is sedertdien vermis.

Duikspanne het ’n grootskaalse soektog begin om hom op te spoor. Verskeie polisie-eenhede in Mpumalanga is in dié operasie ontplooi.

Polisieprotokol sal gevolg word om die identiteit van die liggaam bo alle twyfel te bepaal.

 

Dat Willem Kruger spoorloos verdwyn het, staan soos ’n paal bo water. Die 29-jarige man se verdwyning het opslae gemaak en ’n grootskaalse soektog is geloods.

’n Beloning van R50 000 is intussen na R200 000 verhoog vir enigeen met inligting wat tot die hereniging met sy familie kan lei.

Kruger het op Saterdag 12 November ’n funksie by Henbase Lodge, tussen Amersfoort en Morgenzon, bygewoon.

By een van die uitgange van die gastehuis, is ’n laagwaterbruggie en die vermoede bestaan dat hy vroeg Sondagoggend daaroor gery het om by sy bestemming uit te kom.

Hy was op pad na Groblersdal. Volgens sers. Paulos Nzimande, kommunikasiebeampte van die Morgenzon Polisie, is ’n saak van ’n vermiste persoon by Groblersdal Polisiestasie geopen.


READ MORE: 

Govan Mbeki Municipality pays R1,67m to ex municipal manager


Polisie in die omgewing het werk van die saak gemaak en met duikeenhede in verbinding getree.

Duikers het gedeeltes van die Vaalrivier begin fynkam die afgelope week, maar tot dusver is daar geen taal of tyding van die jongman nie.

Volgens Marilé Nieuwoudt wat vroeër namens die familie met die pers geskakel het, word alle leidrade opgevolg.

Deurdringende reën het die afgelope week in die omgewing geval.

“Die reën bemoeilik die soektog,” het Nieuwoudt gesê.

Die vlakke van die Vaalrivier het sake bemoeilik en Bethal se Gemeenskapspolisiëringsforum is ontplooi om na hom te soek.


READ MORE: 

Mpumalanga’s police commissioner visits eMbalenhle to launch plan for safer festive season


Privaat helikopters het gesirkel oor die rivier en volgens inligting, word alle leidrade opgevolg. Die roete van Morgenzon deur Bethal en Middelburg na Groblersdal is dopgehou.

Nieuwoudt het vroeër haar waardering vir mense se meelewing uitgespreek en gesê dat dit hulle hoop gee.

Ten tye van sy verdwyning, het Kruger ’n blou t-hemp en kakiekleurige kortbroek aangehad. Sy voertuig is ’n Toyota Hilux Xtra-cab met nommerplate FBH 948 L.

Volgens inligting, het die polisie al die gaste wat die funksie bygewoon het, ondervra.

Die familie verkies om nie met die media te praat nie en het, volgens inligting, met ’n privaatspeurder in verbinding getree.

Die publiek is versoek om Sakkie Louwrens by 071 798 7954 of Johan Ellis by 082 896 5331 met inligting te skakel.


At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button