Local newsNews

Bronkhorstspruit-dansers dra diep boodskap oor

Studio 4 Dance hou danskonsert op Bronkhorstspruit.

Studio 4 Dance het hulle jaarlikse konsert by Bronkhorstspruit se N.G. Kerk Moedergemeente op Vrydag, 4 November gehou.

Vanjaar se tema was Life on a bench met die boodskap ’n mens die beste bankie moes kies vir waar jy tans in die lewe is.

“Bankies waarvan dansers kon kies, was onder andere ’n sirkus-bankie, ’n hof-bankie, ’n hawe-bankie waar die

Titanic-dans uitgevoer is, ’n bankie in ’n balletklas en een by ’n Kersboom.

“Die vertoning is afgesluit met ’n bankie in ’n kerk,” het Nanette Gouws, eienaar van die dansstudio wat al 25 jaar dansklasse aanbied, vertel.

Altesaam 60 kinders van Bronkhorstspruit, Rayton en Balmoral het deelgeneem, asook dapper pappas wat by die gym-bankie saam met hulle dogters gedans het.

“Ek wil almal, veral die pa’s, vir hul deelname bedank. Julle was skitterend,” het Gouws gesê.


LEES OOK: New members welcomed to Secunda Parkrun

LEES OOK: Boot camp in eMbalenhle helps to get people in shape


At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button