Local newsNews

TLC Kidz op Demas bring vreugde hierdie Kersseisoen

“Kinders is die grootste geskenk wat ons ooit van ons Skepper kan ontvang. Dit is dus vir ons belangrik om vir ons kinders ’n huis weg van hul eie huis te kan bied. ’n Plek waar hulle geborge en veilig kan wees.”

Volgens die span van TLC Kidz op Delmas is elkeen van hulle baie bevoorreg om elke dag die groei en liefde in die kinders by dié nasorgsentrum te sien.

“Kinders is die grootste geskenk wat ons ooit van ons Skepper kan ontvang. Dit is dus vir ons belangrik om vir ons kinders ’n huis weg van hul eie huis te kan bied. ’n Plek waar hulle geborge en veilig kan wees,” het Riekie Schutte, eienaar van TLC Kidz laat hoor.

Schutte het haar personeel bedank vir hulle harde werk, lojaliteit en ongekende toewyding van die afgelope jaar.

“Ons wil ook ons ouers bedank vir hul vertroue in ons, julle kinders is ons kinders.”

Schutte wens dan ook elkeen van die kindertjies, ouers en personeel ’n geseënde Christusfees en voorspoedige 2023 toe.

Schutte het afgesluit met ’n aanhaling vanuit Mattheus 18 vers 3: “As julle nie soos kindertjies word nie, sal julle die Koningryk van God nie ingaan nie.”

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button