Secunda VLU-tak versier geskenke vir streekkonferensie
Belangstellendes is welkom om volgende vergadering by te woon.
Lede van die plaaslike VLU-tak het op 1 Februarie vergader en geskenksakke vir die streekkonferensie wat in Maart plaasvind, versier.
Die Secunda VLU-tak bied die Hoëveld streekkonferensie aan en vroue het ook finale reëlings oor die konferensie getref en bespreek.
Rosa Black was die wenner van die maandelikse kompetisie met haar afdroogdoek met ’n handvatsel wat sy gemaak het, terwyl Teresa de Wet tweede geëindig het.
Black het ook die eie keuse-afdeling gewen met ’n serp wat sy gebrei het.
Belangstellendes is welkom om by dié VLU-tak aan te sluit en hulle volgende vergadering by te woon.
Vir meer inligting, skakel Black by 082 586 9638.
ALSO READ: Jagtersvereniging skop jaar af met vergadering op Secunda





