Likkewaan in Vaalrivier by Standerton Riverpark losgelaat
“Hy is veilig terug in die water en kan nou lekker vis vreet.”
Frans Vermaak, Standerton se slangvanger, het hom boeglam op 19 April geskrik toe foto’s aangestuur is van ’n ‘ding’ in ’n erf in Sakhile.
Die gemeenskapspolisiëringsforum het hom 13:28 om hulp gevra.
“Dit het gelyk soos ’n krokodil,” het hy gesê.
Likkewaan se kind was die gedierte, ver van die water af.
: Standerton River Park remains dumping ground for rubbish
Vermaak het nie gewyfel nie en is Sakhile toe waar die polisie en brandweer ook opgedaag het.
Hy en die brandweer het die likkewaan gevang en in die Vaalrivier by die Standerton Rivierpark losgelaat.
“Hy is veilig terug in die water en kan nou lekker vis vreet.”
Vermaak het gesê hy al baie klein likkewaantjies in die industriële gebied gevang, maar hierdie was die grootste nog wat hy vasgetrek het.



