Swanepoel en Kinnear wen Windhoek Pairs op Standerton
Francois Cronjé het oor 18 putjie geseëvier met 37 punte, gevolg deur Louis Gravett met 36.
Hennie Swanepoel en Ronald Kinnear het op 24 Junie die Windhoek Pairs by die Standerton Buiteklub gewen.
Deon Grimsell het die knoop deurgehaak op 21 Junie tydens ’n IPS-kompetisie oor nege putjies.
Grimsell se 15 punte is gevolg deur Donnie Taljaard se 14 en Freddie Welmans se 13.
Francois Cronjé het oor 18 putjie geseëvier met 37 punte, gevolg deur Louis Gravett met 36.
RJ Kinnear, Attie Mouton, Ricus van den Hoven, Johan Brink en Louis Bibbey het elk 34 op die telkaart ingevul, terwyl Gert du Preez met 33 geëindig het.
Swanepoel, Henk Botha, Janneman Kotze, Gerhard Brits en Jannie Nichols het elk 32 aangeteken.
Mouton, Brink, Bibbey en Du Preez het elk ’n spog-twee behaal.
LEES OOK: Gholfspelers bly in oefening by Standerton Buiteklub
LEES OOK: Pirow Cronjé swaai die septer by Standerton Buiteklub se bonus bogie







