Local newsLocal sportNewsSchools

Hoërskool Secunda se krieketspanne wen meeste wedstryde

Dogters-krieketspanne vaar ook goed.

Hoërskool Secunda se krieketspanne het goed gevaar en vanaf 14 tot 18 Augustus aan ’n kriekettoernooi teen verskeie skole deelgeneem.

Secunda se o14A-span het Hoërskool Ermelo met 77 lopies geklop. Die uitblinker van dié wedstryd was Luan Swart wat 75 lopies aangeteken het.

Hoërskool Secunda se o14B-span het Hoërskool Oosterland met agt paaltjies geklop en die uitblinker van dié wedstryd was Regardt Swiegers wat vyf paaltjies geneem het.

Dié o14B-span het ook met Hoërskool Ermelo se o14A-span kragte gemeet en hulle met 140 lopies vir drie in 19.1 boulbeurte gewen.


LEES OOK: Communities near Standerton battle lack of service delivery


Secunda se o15-span het met vier paaltjies verloor teen Hoërskool Standerton en die eerste krieketspan het Hoërskool Piet Retief met vyf paaltjies geklop.

Die eerstespan se uitblinker van die wedstryd was Nathan Erasmus wat 51 lopies aangeteken het.

Die tweede krieketspan het hul wedstryd teen Hoërskool Ermelo met 181 lopies verloor.

Secunda se dogters krieketspanne het goed gevaar en beide die eerste- en tweede spanne het hul wedstryde gewen.


LEES OOK: Dad of initiate who died in Leandra, claims tongue was removed


Die uitblinkers onder die dogters was Danika Burger en Cayleigh van Huysteen.

Hoërskool Secunda het ook nie teruggestaan in die Super Krieket-liga wat op 19 Augustus plaasgevind het nie en hul o15-span het Hoërskool Lydenburg met 145 lopies geklop.

Die uitblinkers van dié wedstryd was Juanru Brazelle wat 145 lopies aangeteken het en Luan Swart wat 65 lopies aangeteken het.

Die eerste span het ook hul wedstryd teen Lydenburg met 33 lopies gewen en die uitblinkers van dié wedstryd was Marco du Toit wat 145 lopies aangeteken het en Xander Pretorius.



Follow Us: Ridge Times: Standerton: Streeknuus

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Back to top button