Local newsLocal sportNewsStreeknuus

Delmas-gimnaste presteer in uitdunne

Die gimnaste het uitstekend gevaar in hul roetines op hul onderskeie vlakke.

Jong gimnaste van die Delmas Gimnastiekklub het op 27 Augustus aan uitdunne op Witbank deelgeneem.

Die gimnaste het uitstekend gevaar in hulle roetines in hul onderskeie vlakke en die uitslae is:

Mia Krouwkamp, Jolindi Struwig en Lindo Masuku behaal elkeen ’n goue medalje in die o13-kategorie, vlak 6.

Kwetsima Mabasa, Jessica Prins en Omphele Mahlabe verwerf ook goue medaljes in die o13-kategorie, vlak 4.
Ivanke Kearney en Leane van der Merwe het goue medaljes in die o9-kategorie, vlak 4 gekry.

Jolindi Struwig en Mia Krouwkamp het in die o13-ouderdomsgroep goue medaljes huistoe gebring vir hul deelname op vlak 6.

Jane van Zyl, Elsje Diedericks en Shanike Kearney doen dit ook in goud op vlak 4 in die o11-ouderdomsgroep.

Mieke Struwig, Dane Hurter en Lilanie Potgieter spog ook met goud in die o13-ouderdomsgroep, vlak 5.

Janke van Rooyen, Mika Kruger en Nokubonga Dladla het in die o13-ouderdomsgroep, vlak 5 deelgeneem en met silwer medaljes gespog.

Mieke Struwig en Marcus van Staden, ook o13, vlak 6, spog met goue medaljes in hul klas.

Vir die afdeling roetines het Simone Olwagen, Siyanda Mahlangu en Janine van Rensburg elkeen ’n brons medalje verower.

Milan Hills bring goud huistoe, Ntaskiso Risimati, silwer terwyl Monique Oelofse ook brons verwerf het.

Jaco Krouwkamp en Lwandle Mahlangu verwerf silwer in hul ouderdomsgroep en Kwetsima Mabasa en André Erasmus het elkeen ’n silwer medalje verower.

Gimnaste van Delmas wat vir die Suid-Afrikaanse kampioenskap, kompetsie een, wat op 6 en 7 Oktober by die Matsport-sentrum in Centurion, gekwalifiseer het, is Mia Krouwkamp, Jolindi Struwig, Lindo Masuku, Mieke

Struwig, Marcus van Staden, Dane Hurter, Lilanie Potgieter, Mika Kruger, Janke van Rooyen en Nokubonga Dladla.

Gimnaste wat gekwalifiseer het om aan die iAfrika Nasionaal, kompetise twee, op 28 Oktober in Kemptonpark deel te neem, is Jane van Zyl, Ivanke Kearney, Shanike Kearney, Elsje Diedericks, Leane van der Merwe, Jessica Prins, Omphele Mahlabe en Kwetsima Mabasa.

Die gimnaste se afrigter, Florence Cindi het gesê sy is trots op elkeen van haar gimnaste en die harde werk wat hulle insit om hierdie goeie prestasies te kon behaal.




Follow Us: Ridge Times: Standerton: Streeknuus

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button