Nòg ’n huis was in ligte laaie nadat ’n brand onstaan het op 16 September naby die plotte op Bethal.
Rikus van der Merwe, ’n 17-jarige leerder aan Hoërskool Hoogenhout, het gesê hy en ’n vriend het met hul motorfiets in die veld gery toe hulle die rook gesien het en besluit het om te gaan help.
Dit is nie duidelik hoe die brand ontstaan het nie.
Die inwoners was glo nie tuis toe die brand ontstaan het nie en omstaanders en vrywilligers was vinnig op die toneel om die brand te blus.
Volgens Rikus het die brand later na die oop veld langs die huis versprei en later na die plotte gebied, hy en sy vriend het daar ook gaan help om die brand te blus.
LEES OOK: Two murders in two days in eMbalenhle
LEES OOK: Dangerous electric cables lays bare next to the pre-school



