Local newsNews

Stap saam vir Bybels op Standerton

Deelnemers sal om die atletiekbaan van Hoërskool Standerton van 14:00 tot 18:00 stap.

’n Standerton Stap vir Bybels word vir 27 Oktober beplan, wat in samewerking met die Bybelgenootskap van Suid-Afrika plaasvind.

Gootdruk- en oudio-Bybels sal waar nodig aan bejaardes geskenk word.

Die gemeenskap word aangemoedig om ’n span van ten minste twee persone in te skryf.

Deelnemers sal om die atletiekbaan van Hoërskool Standerton van 14:00 tot 18:00 stap.

Inskrywingsgeld beloop R100 per persoon en deelnemers moet voor 20 Oktober inskryf.

Tree in verbinding met Deidre Jooste by 076 553 1321.



Follow Us: Ridge Times: Standerton: Streeknuus

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button