JC Ritchie bied gholfkliniek by Standerton Buiteklub aan
Johan Griesel het oor 18 putjies met 43 geseëvier, gevolg deur Willie Griesel en Gerrit Coetzee wat albei met 37 geëindig het.
JC Ritchie, professionele gholfspeler, het op 20 Januarie ’n gholfkliniek vir juniors by die Standerton Buiteklub aangebied.
Die jong spelers het aandagtig geluister na die fynere punte soos bespreek deur Ritchie. Neville Ritchie, sy pa, was ook byderhand om vrae te beantwoord.
Donnie Taljaard het op 17 Januarie die pas met 15 punte oor nege putjies aangegee.
Sowel Nick Momberg as Neville Ritchie het 13 in dié IPS-kompetisie aangeteken, gevolg deur Mark Nortjé met 10 en Freddie Welmans met 9.
Johan Griesel het oor 18 putjies met 43 geseëvier, gevolg deur Willie Griesel en Gerrit Coetzee wat albei met 37 geëindig het.

Kobie Coetzee, Stephen Nortjé, Damian Brink en Ronald Kinnear het elk 33 op die telkaart ingevul, terwyl Werner Mouton met 32 huiswaarts gekeer het.
Nico Lombard het op 31 te staan gekom en Gert du Preez op 30. Johan Griesel (2), Kobie Coetzee, Lombard en Johan Strydom het ’n twee behaal.
Louis Bibbey en Janneman Kotze se gesamentlike totaal van 45 het die deurslag op 13 Januarie gegee tydens ’n betterball stableford kompetisie.
Hennie Swanepoel en Kobie Coetzee het dit geëwenaar, terwyl Ronald Kinnear en RJ Kinnear ook 45 op die telkaart ingevul het.
Vivian Seager en Tristan Baker het met 43 geëindig, terwyl Werner Mouton en Jacques Nel ook 43 aangeteken het.

Rowan Brink en Ronald Kinnear het op 42 te staan gekom, gevolg deur Andries Manka en Innocent Dhladhla se 41.
Francois Cronjé en Patrizia Lombard het ook met 41 geëindig, terwyl Christo Jooste en Willie Griesel 40 aangeteken het.
Coetzee, Ronald Kinnear, RJ Kinnear, Manka, Dhladhla, Willie Griesel, Joré Nortjé en Johan Griesel het elk ’n twee behaal.
Kotze het tydens die vorige dag se Sundowner IPS met 14 punte geseëvier, gevolg deur Riaan Starbuck en Willie van Wyk, ook met 14.
Taljaard het met 11 huiswaarts gekeer.





