Local newsNews

Secunda VLU-vroue doen ‘macrame’-werk

Belangstellendes is welkom om volgende vergadering op 3 April by te woon.

Vroue van die Secunda VLU-tak het op 6 Maart vergader en die voorsitter, Rosa Black, het vir die vroue gewys hoe om ‘macrame’ te doen.

Vroue het ook die VLU-lede wat op die streekkonferensie pryse gewen het, geluk gewens.

Black het tweede geëindig in die afdeling vir prosa en 94 punte behaal, sy was tweede in die afdeling vir die vrou met die meeste punte op ’n konferensie met 854 punte en sy het derde in die handbreiwerk-afdeling, provinsiale kompetisiewenner en streekkompetisiewenner geëindig.

Die ander vroue wat presteer het op die konferensie is Marlene Cockcroft wat derde in die blomme-afdeling vir beginners geëindig het en 77 punte behaal het en Karin Harrison wat tweede in die blomme ope-afdeling geëindig het en 78 punte behaal het.

Die Secunda VLU-tak het derde provinsiaal geëindig in die prosa-afdeling en 174 punte behaal.

Dié tak se volgende vergadering is op 3 April om 09:00 vir 09:30 in die Rots-saal by die NG Kerk Goedehoop/Secunda-Oos-gemeente.

Belangstellendes is welkom om dié vergadering by te woon waartydens die vroue ’n krale-werkswinkel gaan doen.

Vir meer inligting, skakel Black by 082 586 9638.


Related Articles

 
Back to top button