Local newsNewsStreeknuus

Help jong danser van Bronkhorstspruit om oorsee deel te neem

Hilaryke Oosthuysen (8) is gekies om Suid-Afrika by The DanceStar World Dance Masters-kompetisie in Kroasië te verteenwoordig.

Hilaryke Oosthuysen (8) van Bronkhorstspruit is gekies om Suid-Afrika te verteenwoordig by The DanceStar World Dance Masters-kompetisie in Kroasië te verteenwoordig.

Haar ma, ook Hilaryke, meen haar dogtertjie se uitsonderlike toewyding en vaardigheid in dans het vir haar die eer oplewer om nie net haarself nie, maar ook die Suid-Afrikaanse gemeenskap op die wêreldwye verhoog te verteenwoordig.

“Hilaryke se aanhoudende sukses in dans is ’n ware bron van inspirasie vir ons gemeenskap,” het Oosthuysen oor haar dogter gesê.

Die World Dance Masters-kampioenskap vind vanaf 20 tot 26 Mei in Porec, Kroasië plaas.

“Hilaryke neem ook deel aan ’n duet en groepitem en haar mededansers maak staat op haar teenwoordigheid vir hulle roetine,” het Oosthuysen verduidelik.

Hilaryke se reis na die internasionale verhoog van dans sluit reeds ’n aantal prestasies in. Sy het in 2020 op vyfjarige ouderdom by Monique Grove Acrobatic Studio aangesluit en het die volgende jaar haar Gauteng-Noord kleure vir die eerste keer verwerf.

Sy het in 2022 en 2023 hierdie prestasie herhaal en het haar provinsie verteenwoordig by die Suid-Afrikaanse Kampioenskap, waar sy op albei geleenthede ook kleure verwerf het.

Volgens haar ma, het Hilaryke in haar vorige optredes haar vaardigheid en talent bewys deur solo-uitvoerings te lewer wat die beoordelaars verstom het.

Sy het in 2021, 2022 en 2023 by die Suid-Afrikaanse Dansskool Kampioenskap ‘high gold’ sertifiseering ontvang, asook spesiale toekennings in 2022 en 2023 vir haar sterk akrobatiese vermoëns, verhoogpersoonlikheid en energieke uitvoering.

Hilaryke se ouers wil graag vir haar die kans gee om deel te neem omdat dit nou reeds die derde keer is dat dié klein dansertjie gekwalifiseer het.

Sy kon tot dusver nie hierdie droom bewaarheid nie, want geld is ’n probleem.

Lesers wat Hilaryke wil help om in Kroasië te gaan wys wat sy kan doen, kan Oosthuysen skakel by 079 510 2392.


Related Articles

 
Back to top button