Kasselman Veligheidsdienste voed die hongeres van Standerton elke week
Hierdie liefdadigheidsprojek is gestig as manier om die gemeenskap te dien en verseker 'n gesonde maaltyd aan die haweloses van die dorp.
Kasselman Veiligheidsdienste het op 8 Mei met hul weeklikse sopkombuis by hul kantore in Caledonstraat kos aan behoeftiges uitgedeel.
Hierdie liefdadigheidsprojek is gestig as manier om die gemeenskap te dien en verseker ‘n gesonde maaltyd aan die haweloses van die dorp.
Heerlike hoenderbredie was op ‘n bed van pap bedien, met ‘n kraakvars broodje daarby.
Amanda Phyffer en Tamika Seager is te dank vir die voorbereiding van dié maaltyd en kook ‘n ekstra bietjie liefde in elke pot.
Vrywillgers soos Hester Myburgh en Paul Bester staan volhartig gereed om ‘n hand te verleen om ‘n kultuur van omgee in die gemeenskap te skep.
Hoewel die sopkombuis algemeen op Donderdae plaasvind, was dit weëns Hemelvaart na Woensdag verskuif.
“Jannie glo nie daaraan om op Christelike vakansiedae te werk nie,” het Charron Pretorius gesê.




