Local newsLocal sportNews

Hengelaars vang 174 vis by Grootdraaidam op Standerton

Stiaan van Zyl het die juniorafdeling gewen met vier vis van 2.500kg, terwyl Germarie Pretorius tweede was met vier vis van 1.680kg en Ty Mortlock derde met twee vis van 0.980kg.

Altesaam 33 hengelaars, waarvan vier besoekers was, het onlangs by Grootdraaidam 174 vis inkatrol. Die totale gewig van die vis was 97.280kg. Die vis van die dag het aan die swaarste karp gegaan.

Hennie Visagie het die veterane-afdeling beklink met 14 vis van 8.180kg, gevolg deur Dugie Douglas met sewe vis van 4.840kg en Peet Erasmus met sewe vis van 4.700kg.

Douglas het die vis van die dag vasgekap. Richard Hills was onoorwonne in die meestersafdeling met 14 vis van 7.940kg, gevolg deur Danie Human met nege vis van 4.580kg en Coen van Vuuren met agt vis van 4.480kg.

Hills het die vis van die dag ingeweeg. Jurie Moolman het die senior afdeling verower met 10 vis van 5.760kg, terwyl Riaan Pieterse tweede was met 10 vis van 5.100kg en Dirkie Erasmus derde met agt vis van 5.420kg.

Erasmus het die vis van die dag aan wal gebring.

Ilene Schonken het in die vroue se meestersafdeling geseëvier met sewe vis van 3.620kg, gevolg deur Charmaine van Blerk met vyf vis van 2.700kg en Marianne Erasmus met vier vis van 2.160kg.

Van Blerk het die vis van die dag gevang. Charlize Bosman het die vroue-afdeling gewen met 10 vis van 5.120kg, terwyl Monica Schonken tweede was met vier vis van 1.940kg en Issa Pretorius derde met twee vis van 0.920kg.

Stiaan van Zyl het die juniorafdeling gewen met vier vis van 2.500kg, terwyl Germarie Pretorius tweede was met vier vis van 1.680kg en Ty Mortlock derde met twee vis van 0.980kg.

Stiaan het die vis van die dag vasgekap. Meyerville Hengelklub bied maandeliks ’n geleentheid vir hengelaars om lyn nat te maak.

Related Articles

 
Back to top button