Die Fear Factor span van die Eldamah Gemeente op Delmas, Ilze Venter, Wian Parkin, Derrick Nel, Martin Breytenbach, Francois de Wee en Werner Lombaard.
Grou tussen derms om sleutels te vind om spanmaats te bevry, die vind van organe in ’n grieslerige mengsel en proe aan vreemde mengsels was maar etlike van die uitdagings wat predikers en gemeetelede moes baasraak.
Verskeie van die leraars en lidmate van Delmas se kerke het op 19 Julie by die Hervormde Kerk bymekaargekom.
Die rede vir die samekoms was ’n unieke en eie aan Delmas, ‘n ‘Fear Factor’ kompetisie.
Die verskillende gemeentes op Delmas is bekend daarvoor dat hul predikers gereeld saamkuier en diepe dinge deel, maar ook saam aan pret kan deelneem.
Die doel van die aand was om saam en in geloof vrees te kan oorkom.
Spanne wat deelgeneem het was die van die Delmas-Wes Familiekerk, NG Moedergemeente, Hervormde Kerk, Eldamah, Volle Evangelie Kerk asook die Pinkerster Protestante Kerk.
Met ’n paar rou eiers teen die kop, erdwurms, derms en verskeie ander uitdagings agter die rug, het die spanne van die Hervormers en Delmas-Wes Familiekerk saam in die eerste plek opgeëindig.
Nog ’n uitklopuitdaging later, en was die Familiekerk as Delmas se gemeente uitdaging ‘Fear Factor’ wenners gekroon.
Cynthia Vorster vra om van haar ketting en slot bevry te word.
Ilze Venter wag om van haar kettings bevry te word.
Johan Bekker neem aan Fear Factor se proe kompetsie deel.
Pastoor Gert van der Mescht voel duidelik nie goed oor dit wat hy so pas geproe het nie.
Cynthia Vorster konsentreer hard om tussen verskillende smake te identifiseer.
Die vrolike deelnemers van die Volle Evangelie Kerk op Delmas.
Elsoné Hannekom en Leandi Cottle rol moue op vir aksie tydens Delmas se ‘Fear Factor’ kompetsie tussen gemeentes van die dorp.
Ds Izak du Toit en Johann de Lange tydens die eier-teen-die-kop kompetisie.
Spanlede van die Hervormde Kerk op Delmas neem aan die proe kompetisie deel.
Dokter Richard Rachmann doen sy deel vir ‘Fear Factor’ onder die wakende oog van Hannetjie van Rensburg.
Die Delmas-Wes Familiekerk se trotse wenspan van Delmas se Fear Factor kompetsie met Cynthia Vorster, Hansie Vorster, Schalk Hannekom, Elsoné Hannekom, Leandi Cottle en Johann de Lange.
Groot pret tydens ‘Fear Factor’ op Delmas.
Die Hervormers van Delmas besig om sleutels vir slotte in ’n grieselrigge mengsel te soek.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!