Local newsNews

VLU-vroue hou dag van agterstevoor en onderstebo op Standerton

Belangstellendes is welkom om volgende vergadering op 27 Augustus by te woon.

Vroue van die Kaalspruit VLU-tak het op 23 Julie by die Nederduits Hervormde Kerk vergader.

Die tema vir die dag was ‘onderstebo en agterstevoor’ en lede het met hul klere omgedop aangetrek, by die vergadering opgedaag.

Marietjie Swart het die vergadering gelei met gesprekke oor die VLU Mpumalanga kongres wat op 21 en 22 Augustus by Olifantsrivier Lodge plaasvind, inskrywings vir kompetisies en idees vir moontlike geldinsamelings.

Hanna du Toit en Marietjie Swart het sagte speelgoed in die vorm van elfies gehekel vir die kongres.

Swart het reeds 22 elfies klaargemaak en Du Toit drie.


Die Kaalspruit VLU-vroue met hul elfies is agter Marinda Visser, Hannah du Toit, Marietjie Swart, Santie Cawood en Elza Language. Voor: Zeldine Strydom en Lydia Roets.

Na besprekings en belangrike take afgehandel was, het die vroue om die stoof vergader saam met Gerda Büter om te leer hoe om grondboontjie tameletjie te maak.

Sy het die vroue stap vir stap deur die proses geneem en die uitkoms het kraakvars grondboontjie tameletjie opgelewer.

Die vroue het geleer dat dié lekkerny selfs met verwerkte sojabone gemaak kan word en die geur is bykans onafskeidbaar van gondboontjies.

Souttert, amandelblokkies en vlaskywe is vir die vergadering voorberei deur Elza Language.

Die volgende VLU-vergadering vind op 27 Augustus plaas en lede gaan dan meer oor enkoestise waskuns leer.


LEES OOK: Secunda business sponsors water tanks to six schools




LEES OOK: eMbalenhle Police arrest another EFF councillor for public violence

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

Back to top button