Local newsNewsStreeknuus

Ongeluk op R555 tussen Delmas en Eloff lei tot die dood van twee

Albei die slagoffers se liggame moes met behulp van die brandweer se meganiese reddingskake vanuit die wrakke bevry word.

Die oggend van 1 Augustus het vele padgebruikers in skok gelaat toe twee plaaslike inwoners hul lewens op die R555-pad tussen Delmas en Eloff verloor het.

Dié ongeluk, waarby ’n Hyundai Getz en ’n Nissan NP200-bakkie betrokke was, het omstreeks 07:20 net buite Delmas plaasgevind.

Alle nooddienste sowel as die Sundra Polisie was op die toneel teenwoordig. Met die mediese personeel se aankoms was beide mans egter dood verklaar.

Albei die slagoffers se liggame moes met behulp van die brandweer se meganiese reddingskake vanuit die wrakke bevry word.

’n Ooggetuie op die toneel het Streeknuus meegedeel dat die bakkie in die rigting van Eloff op pad was en die Getz in die rigting van Delmas.

“Die bakkie het oor die pad gegaan, so asof hy vir iets wou uitswaai. Dit het weer gebeur en toe het ek net stukke die lug sien invlieg.”

Volgens nog ’n betroubare bron het die slagoffer van die Getz glo ’n epilepsielyer en kon hy dus moontlik ’n epileptiese aanval agter die stuurwiel van sy motor gehad het. Heila Coetzee van die Eloff Buurtwag was ook op die toneel teenwoordig.

“Dit is so bitter jammer dat die twee mans, waarvan een nog baie jonk was, hul lewens so tragies moes verloor,” het Coetzee gesê.

Coetzee het verder genoem dat baie padgebruikers nie by die spoedgrens op die spesifieke stuk pad hou nie en geen padreëls of tekens nakom nie.

“By die Q4-stop word die stopteken bloot net geïgnoreer asof dit nie bestaan nie. Daar is ook geen padtekens by die spesifieke stop op die pad sigbaar nie.”

Die presiese oorsaak van die ongeluk waarin die twee mans gesterf het, was teen druktyd nog nie bekend nie en vorm deel van ’n polisie ondersoek.


LEES OOK: VLU vroue kuier en klets op Secunda

LEES OOK: Secunda Round Table hosts event for women in aid of people with autism


At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button