Local newsNews
Loffies se seisoene van kleur en klank bring vreugde
Die gehoor was met vrolike sang en dans deur die vier seisoene eie aan Suid-Afrika geneem.
Laerskool Eloff se 2024 revue, met die tema ‘Seisoene van Kleur en Klank’, het vele na die skoolsaal gelok en oud en jonk het dit geniet.
Die drie vertonings het op 31 Julie en 1 en 2 Augutus in die saal van Loffies plaasgevind.
Met liedjies soos Summer of 69, Hey, Sonneblom, Walking on Sunshine, Herfs, Byeboerwa, Do you want to build a snowman en vele meer was die gehoor met vrolike sang en dans deur die vier seisoene eie aan Suid-Afrika geneem.
Die skoolhoof, Louise van Niekerk, het haar personeel, ouers en borge wat die revue van 2024 moontlik gemaak het, opreg bedank.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!






