Local newsNews

AfriForum en boere gee meer as 1 miljoen liter water aan Bethal-inwoners

AfriForum en die boere het sedert 5 Julie, toe Rand Water begin het met die eerste fase van die onderhoud op hul netwerke, seker gemaak beide ouetehuise op Bethal het water en toe reeds ook water aan Bethal-inwoners voorsien.

AfriForum het op 2 Augustus ’n groot mylpaal bereik toe hulle al een miljoen liter water vanjaar voorsien het aan die plaaslike inwoners.

Hoewel Bethal gereeld waterprobleme in die gesig staar, het sekere dele van dié dorp teen 6 Augustus steeds nie water gehad nie nadat Rand Water die tweede fase van hul beplande onderhoud op die netwerk in die Govan Mbeki munisipale omgewing toegepas het.

Boere en AfriForum se Bethal-tak het tydens dié onderhoudswerk, wat vanaf 26 tot 29 Julie plaasgevind het, altesaam 380 000 liter water aan die gemeenskap voorsien.

AfriForum en boere van die omgewing het hande geneem en ingegryp en water voorsien en seker gemaak dat waterpunte buite die dorp vol is sodat die plaaslike brandweerdienste toegang tot water kan hê tydens noodgevalle.


Bethal-inwoners tap water by een van die waterpunte wat AfriForum en boere opgerig het om die inwoners se as tydens waterprobleme te verlig.

Hennie Bekker, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Hoëveld, het gesê die water en vervoer is deur die boere voorsien en versprei na sekere punte op Bethal waar inwoners dan kan gaan water haal.

“Ons wil hiermee ons dankbaarheid teenoor julle vrygewigheid uitspreek,” het Bekker aan die boere gesê.

“Danksy julle kan mense oorleef in dié moeilike tye en ons kon verhoed dat ons skole menigdemale moes sluit.”

AfriForum se Bethal-tak en die boere het ook 20 000 liter na een van die plaaslike skole geneem nadat hulle watertenks weens ’n foutiewe klep leeggeloop het.


LEES OOK: Teen writes poems to work through depression, self-harm


Dié tak het ook 20 000 liter water by die Afrikaanse Christelike kerk se noodwaterpunt afgelaai en die boere het ook die munisipaliteit se tenkwaens vol gemaak. Hulle voorsien steeds water aan inwoners wie se watertoevoer steeds nie heeltemal herstel is nie.

AfriForum en die boere het sedert 5 Julie, toe Rand Water begin het met die eerste fase van die onderhoud op hul netwerke, seker gemaak beide ouetehuise op Bethal het water en toe reeds ook water aan Bethal-inwoners voorsien.

“Ons is vooraf gewaarsku oor die beplande instandhoudingswerk en daarom kon ons voorbereid wees en die gemeenskap meer doeltreffend bystaan.

“Dit is egter vir ons kommerwekkend dat die Govan Mbeki Plaaslike Munisipaliteit nie ekstra stoorkapasiteit toelaat nie en dat die gemeenskap reeds 24-uur ná die beplande onderbrekings begin het sonder water gelaat is,” het Bekker gesê.


At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

Back to top button