Delmas-Wes Familiekerk hou dankfees
Wat sou ’n plaasdorpfees wees sonder tipiese plaas lekkernye? Besoekers kon smul aan kerrie-en-rys, pannekoek, heerlike pita brode, worsbroode, nagereg, koffie en tee en vele meer.
Op die vooraand van die lente het Delmas-Wes Familiekerk op 31 Augustus hul dankfees gehou.
Die oggend het kleurvol afgeskop en oudergewoonte het die onderskeie kleuterskole se pom-pom meisies en die Step-up dansskool weer die gemeenskap van Delmas met vrolike musiek en dans vermaak.
Wat sou ’n plaasdorpfees wees sonder tipiese plaas lekkernye? Besoekers kon smul aan kerrie-en-rys, pannekoek, pita brood, worsbroode, nagereg, koffie-en-tee en vele meer.
Die lug was verder gevul met die reuk van braaivleis en menige het gesmul aan die sosaties vars vanaf die vuur.
Vars gebak, groente vanaf die plaas en heerlike vars aarbeie was ook te koop.
Net reg vir die nuwe seisoen was daar ook groente plante te koop. Gratis drukkies en gebedstalletjie het tot ’n geestelike feesatmosfeer bygedra.
’n Modeparade met klerevoorraad uit Tutela se tweedehandse winkel op Delmas het bewys dat hulle klere vir niks hoef terug te staan nie.
Vir die kleingoed was daar tonne vermaak met ’n inkleurkompetisie, speletjies, treintjie ry, kaskarre en die plaasdier stalletjie het vir groot vermaak gesorg terwyl lekkergoedland vir die soettande ingestaan het.
LEES OOK: Sonpanele: Twee verskyn weer in hof op Evander vir bedrog
Met Wynand en Cheree se aankoms, het die kuiertuin sommer gou met vrolikheid gevul en het almal die sang van dié twee gewilde kunstenaars baie geniet.
Die gemeente leraar, Lenandi Cottle, het haar formidabele span onder leiding van Johann de Lange en Trudie Mare opreg bedank.
“Julle almal het kliphard gewerk om van die dankfees nog ’n hoogtepunt op die kalender te maak,” het Cottle gesê.
“Hier by die Delmas-Wes Familiekerk is dit lekker.”















