Local newsNews

VLU se Kaalspruitlede maak mooigoed van weggooigoed

Die volgende VLU-vergadering sal op 1 Oktober plaasvind.

Die vroue van die VLU-Kaalspruittak het op 27 Augustus vergader om hul nuutste notule te bespreek.

Die vroue het items van herwonne materiaal gemaak om weg te gee.

Marinda Visser het juwele en ’n handsakkie gemaak uit trekoortjies van koeldrankblikkies, Santie Cawood het ’n speldekussing uit herwonne materiaal gemaak en Zeldine Strydom het ’n blompot vanuit bottelproppies aanmekaar geslaan.

Die vroue het ook gesels oor die VLU kongress wat onlangs by Olifants River Lodge plaasgevind het.

Hier het hulle die kans gehad om saam met Manie Jackson en Marcia Keen te kuier. Hanna du Toit se Miami Relish het ’n tweede plek in die streek behaal en ’n vierde plek by die kongress behaal.

Na die vergadering, het die vroue ’n demonstrasie deur Marietjie Swart geniet oor hoe om hul eie tuisgemaakte papier te maak. Die volgende VLU-vergadering sal op 1 Oktober plaasvind.


At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button