CrimeLocal newsNews

Secunda-paartjie se saak weer uitgestel

Hof stel saak uit na 11 Oktober.

Christo Boshoff en Zane Calitz, die paartjie wat tereg staan op aanklagtes van diefstal en bedrog, het op 26 September weer in die streekhof op Evander verskyn.

Dié twee het glo geld ontvang van mense om sonpanele op te sit en dan nooit die werk gedoen of die geld teruggegee nie.

Nadat die polisie talle klagtes ontvang het, is hulle op 18 Februarie vanjaar in hegtenis geneem en hulle is sedertdien in aanhouding.

Volgens die klagstaat is daar sake van Secunda, Bethal, Kriel, Kinross en selfs Brakpan teen hulle.

Die saak is uitgestel na 11 Oktober vir verdere ondersoek.



ALSO CHECK: GMM welcomes investigation into theatre money

ALSO CHECK: Hengelaars ding mee op Evander ten bate van stoeiklub

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button