Simoné en Lizemari Barnard bewonder die mooi goed by die Mariki Mark. Hulle het op die openingsaand deur die stalletjies beweeg.
SECUNDA – Die Marietjieskool vir Leerders met Spesiale Onderwysbehoeftes, se jaarlike Mariki Mark het vanaf 2 tot 6 Oktober by dié skool plaasgevind.
Die mark is vooraf geloop met ’n spoggerige gala-aand wat op 1 Oktober plaasgevind het waartydens die galagangers reeds van die produkte by die mark kon koop en deur die stalletjies kon stap.
Daar was vanjaar ook vermaak by die mark van plaaslike sangers wat opgetree het asook ’n brei- en hekel marathon.
Louis en Sonja Kempen van Little Paws Big Hearts benut die Mariki Mark se openingsaand.
Tania Vosloo, Lucille Vosloo, Matzca Theron en Salomé Liebenberg is in swart met wit hoede getooi en in ’n vrolike luim by die Mariki Mark se gala-aand op 1 October.
Een van die kosstallejies by Mariki Mark.
Patrick Shannon braai vleis vir sy kosstallejie by die Mariki Mark wat vanaf 2 tot 6 Oktober by die Marietjieskool gehou is.
Ma en dogter, Patsy en Ursula Singh by hul kosstallejtie by die Mariki Mark wat by Marietjieskool plaasgevind het vanaf 2 tot 6 Oktober.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!