Local newsLocal sportNewsSchoolsStreeknuus

Witpoort-leerder trap goud los

Hy het ook algeheel in ’n negende plek in Suid-Afrika in sy ouderdomsgroep behaal, wat beginners en vaardige ryers insluit.

Daniel Voges, ’n leerder van Laerskool Witpoort, het uitgeblink op die Suid-Afrikaanse Kampioenskappe vir BMX fietsryers.

Dié kompetisie het vanaf 27 tot 29 September by die Zone 7 BMX klub in die Wes-Kaap plaasgevind.

Daniel het in die beginnersafdeling (novice) deelgeneem waar hy ’n eerste plek in sy ouderdomsgroep behaal het.

Hy het ook algeheel in ’n negende plek in Suid-Afrika in sy ouderdomsgroep behaal, wat beginners en vaardige ryers insluit.


At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button