CrimeLocal newsNewsStreeknuus

Polisie maak groot deurbraak met dagga-vonds digby Delmas

“Die sterk reuk van dagga was egter oorweldigend en die voertuig was na die Delmas polisie vergesel.”

Die polisie in Mpumalanga het verlede week ’n groot deurbraak gemaak toe daar beslag gelê is op dagga ter waarde van R4.7m in die Delmas-omgewing.

Die polisie het op 10 Oktober inligting ontvang dat ’n wit Hino-vragmotor met ’n Gautengse registrasienommer vanaf Eswatini, in die rigting van die N12 Johannesburg, sou deurkom wat moontlik met dwelms gelaai is.

Lede van die Delmas SAPD, Middelburg K9 eenheid, die Middelburg Blitspatrollie en die Mpumalanga geheime intelligensiediens het die vragmotor net voor die Dryden-afrit op die N12 afgetrek.

Volgens kaptein Carla Hartley, mediawoordvoerder van die Delmas polisie, was die voertuig leeg.


’n Dagga-vonds ter waarde van R4.7m is in die Delmas omgewing gevind.

“Die sterk reuk van dagga was egter oorweldigend en die voertuig was na die Delmas polisiestasie vergesel vir verdere ondersoek,” het Hartley Streeknuus meegedeel.

“By die stasie was dwelm snuffelhonde ingespan en is daar bevestig dat dwelms wel op die voertuig is.”

Volgens Hartley het polisielede die voertuig afgetree en besef die binne- en buitemates van die voertuig stem nie ooreen nie.

Hulle het ‘n goed versteekte kompartement binne die voertuig gevind. Toe hulle die kompartement oopgemaak het, het die polisie 63 bale dagga in dié kompartment gevind.


LEES OOK: eMbalenhle SAPS warns community on hitchhiking


Die bale was toegemaak, met bruin maskeerband gebind en toegedraai in kleefplastiek en individueel gemerk. Volgens die polisie was die sakke vermoedelik na onderskeie individue onderweg.

Die dagga se totale gewig is 1 180kg met ’n beraamde waarde van R4.7m.

Die bestuurder van die vragmotor, die 30-jarige Eswatini-landsburger, Zakhile Cyril Dlamini, is in hegtenis geneem.

Die waarnemende provinsiale kommissaris van die polisie in Mpumalanga, Generaal Majoor Zeph Mkhwanazi, het die betrokke lede geloof vir dié groot deurbraak.


Kaptein Moabelo van die Middelburg K9-eenheid en sy narkotia-hond, Floris.

“Ons is dankbaar vir die gesamentlike poging van al die belanghebbendes wat by die sukses betrokke was.

“Hierdie oorwinning behoort ’n sterk boodskap oor te dra na dié wat dit oorweeg om te smokkel of onwettige goedere die land in te bring,” het Mkhwanazi gesê.

“Diesulkes moet weet dat hulle met formidabele spanne te doen sal kry om sodeoende te verseker dat geen onwettige goedere die land binnekom nie.”

Dlamini het op 11 Oktober in die Delmas Landdroshof verskyn. Die saak is tot 29 Oktober uitgestel vir ’n formele borgaansoek.


LEES OOK: 

Mom of murdered toddler relives nightmare as community searches for another missing boy in eMbalenhle



At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button