VLU se Vaalriviertak-lede verf op klei
“Hoe meer lae jy opsit, hoe helderder word die kleure,” het Gerdan Büter, voorsitter, gesê.
Die VLU se Vaalrivier-tak het op 8 Oktober vergader vir ’n uitstappie en leer-geleentheid wat deur Lenie Beukes aangebied was.
Elke vrou kon haar eie klei-item kies om te versier en hul kunstige vermoëns te toets. So het die lede meer geleer oor verf op klei.
“Hoe meer lae jy opsit, hoe helderder word die kleure,” het Gerdan Büter, voorsitter, gesê.
Die vroue is ook bederf met heerlike arbei meringue tert, samoosas, geurvolle worsrolle en vars sap.
“Hier by die VLU Vaalrivier-tak weet ons VLU staan eintlik vir ‘Vreeslike Lekker Uitstappie’ en hierdie was inderdaad ’n vreeslike lekker uitstappie,” het Büter beklemtoon.
Sy het aangekondig dat die VLU Vaalrivier in Januarie twee nuwe lede gaan verwelkom. Rienie le Roux en Belinda Wallis sal vanaf volgende jaar deel van die tak vorm.




