Local newsNews
Kinross VLU-vroue vergader
Belangstellendes is welkom om volgende vergadering op 14 November by te woon.
Vroue van die Kinross VLU-tak het op 10 Oktober by die Evanderklub vergader en beplanning vir volgende jaar se konferensie gedoen.
’n VLU-beoordelaar, Launa Jansen van Vuuren, het die lede touwys gemaak oor wat verwag word van die artikels wat hulle moet inskryf vir die konferensie.
Die Kinross VLU-tak vergader weer op 14 November om 09:30 by die Evanderklub en belangstellendes is welkom om dié vergadering by te woon.
Vir meer inligting, skakel Thea Potgieter by 082 823 2728.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!



