Local newsNews
Sopkombuis voed honderde op Standerton
Een van die minderbevoorregtes wat elke week voedsel by Kasselman ontvang, ry 7km per fiets om sy kos te kry.
Kasselman Sekuriteit het op 24 Oktober hul weeklikse sopkombuis aangebied, waartydens 220 hawelose mense voedsel ontvang het.
Hierdie week was warm pap en hoendersop op die spyskaart, met ’n heerlike glas koue sap.
Vir baie van die mense wat by hierdie geleentheid kos ontvang, is dit die enigste voedsel wat hulle vir die week ontvang.
Een van die minderbevoorregtes wat elke week voedsel by Kasselman ontvang, ry 7km per fiets om sy kos te kry.
Die sopkombuis dra grootliks by tot ons gemeenskap en skep ’n kultuur van versorging en omgee.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!






