Local newsNews
Standerton NG-Wes hou heerlike basaar
Die NG-Wes kerk het op 26 Oktober ’n kerkbasaar gehou, waar gemeentelede ’n reuse makietie gehou het.
Die NG-Wes gemeente het op 26 Oktober hul hekke oopgemaak vir die gemeenskap om hul kerkbasaar te geniet.
Allerei stalletjies was beskikbaar, insluitend boeke, lekkernye, vleis, versierings en vermaak.
Die hoogtepunt van die dag was beslis die dunk tenk, waar gemeentelede gretig gestaan het om te sien hoe ’n waterballon op dsTiaan Victor se kop breek.
Kinders op die perseel het baljaar met geverfde gesigte en hande vol soetgoed.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!










