Local newsNews

Teksa Blommeklub leer hoe om tatoeëermerke te maak

Belangstellendes is welkom om volgende jaar weer by klub aan te sluit.

Lede van die Teksa Blommeklub het op 30 Oktober byeengekom waar Fiona Viljoen die lede toegespreek het.

Viljoen, ook ’n lid van die Teksa Blommeklub, was in Oktober by die Suid-Afrikaanse Flora Unie kongres in die Kaap en het vertel wat sy daar geleer het.

Sy het vir lede gewys hoe om tatoeëermerke vanuit blomme te maak. Die blomme word aan ’n spesifieke soort pleister vasgemaak wat ’n mens op jou arm kan vasplak.

Na die vergadering het van die lede Kersversierings gemaak. Dié tak sluit in November hul jaar af en belangstellendes is welkom om volgende jaar weer by hulle aan te sluit.


At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button