Rayton kinders dans ‘n barshou
Onder die leerders wat gepresteer het, is Nel-Mari Botha, William Hall, en Dylan Engelbrecht uit Graad 1, met hulle eerste deelname in die kompetisie.
Laerskool Rayton leerders het die afgelope twee weke aan die StageQuest Danskompetisie in Centurion deelgeneem.
Hierdie talentvolle groep dansers het nie net hul harde werk en toewyding getoon nie, maar het ook met uitstaande prestasies teruggekeer.
Die goue medaljes is ’n bewys van hul passie vir dans en die toewyding wat hulle in hierdie kunsvorm plaas.
Onder die leerders wat gepresteer het, is Nel-Mari Botha, William Hall, en Dylan Engelbrecht uit Graad 1, met hulle eerste deelname in die kompetisie.
Graad 3 se Emma Hall en Daniqa en Dylan Engelbrecht het ook bewys dat hulle nie net die dansvloer kan verower nie, maar ook die harte van die beoordelaars.
Leerders vanuit verskillende grade het deelgeneem en elkeen het met trots en vasberadenheid opgetree. Die dansprogram by Laerskool Rayton vorm ’n deel van die buite kurrikulêre aktiwiteite en bied leerders die kans om hul kreatiwiteit en selfvertroue op ‘n prettige manier te ontwikkel.




