Local newsNewsSchoolsStreeknuus

Laerskool Sundra se Lofsang en Prys revue vind groot aanhang

Ouers, grootouers, boeties en sussies was daar om in die prag opvoering te deel.

Leerders van Laerskool Sundra het op 10 en 11 Oktober hul tweejaarlikse revue op die planke gebring.

Ouers, grootouers, boeties en sussies was daar om in die prag opvoering te deel. Met lofsang liedere was die gehoor behoorlik meegevoer in dié prys- en aanbiddingstema.

Die skoolhoof, Vanessa van Rooyen, het elkeen wat bygedra het tot die sukses van 2024 se revue bedank.

“Dankie, aan elke onderwyser vir die ure van oefen aan die revue; elkeen se opoffering word waardeer” het Van Rooyen gesê.

Van Rooyen het verder die revue koördineerder, Mandoleigh Swanepoel, bedank.

“Deur ons tweejaarlikse Lofsang en Prys / Praise and Worship doen ons uit aan in dankbaarheid aan Hom wat dit vir ons moontlik maak om ons skool vorentoe te bedryf.”


At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button