Local newsNews
Vermeende sonpaneel-bedrieërs se saak na volgende jaar uitgestel
Landdros stel saak uit na 13 Januarie.
Zane Calitz en Christo Boshoff, die paartjie wat tereg staan op 14 aanklagtes van diefstal en bedrog, het op 11 November weer in die streekshof op Evander verskyn.
Dié twee is op 18 Februarie vanjaar in hegtenis geneem nadat hulle na bewering geld van mense ontvang het om sonpanele op te sit, maar dan nooit die werk gedoen het, of die geld terugbetaal het nie.
As inwoners hulle geskakel het om navraag te doen, is hulle glo gevloek.
Volgens die klagstaat is daar sake van Secunda, Bethal, Kriel, Kinross en Brakpan teen hulle.
Hul saak is uitgestel na 13 Januarie en die twee bly steeds in aanhouding.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!





