Local newsNews

Bethal VLU-lede woon streekvergadering by

Vroue reik uit na Laerskool Marietjie van Niekerk.

Drie lede van die Bethal VLU-tak het op 16 November die VLU se streekvergadering op Standerton bygewoon.

Gerda Büter, streekvoorsitter van die VLU, was die gasvrou en het haar huis beskikbaar gestel vir die geleentheid waartydens die lede nodige sake vir volgende jaar bespreek het.

Lede van die Bethal VLU-tak het ook teruggegee aan die gemeenskap en op 20 November, geld aan Laerskool Marietjie van Niekerk oorhandig.

Die hoof, Bertie Gouws, het gesê dié geld gaan aangewend word om hand- en leesboeke te koop.

Dié skool fokus daarop om die kinders aan te moedig om te lees.


At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button