Local newsNews
Kinross VLU vroue sluit jaar af
Belangstellendes kan volgende jaar weer by die VLU aansluit.
Lede van die Kinross VLU-tak het op 21 November hul jaar afgesluit met ’n ete by die Evanderklub.
Die voorsitter, Thea Potgieter, het vertel van die streekvergadering, wat sy op 16 November op Standerton bygewoon het, en die vroue het ook oor volgende jaar se konferensie gepraat.
Dié VLU-tak beplan om sagte speelgoed elfies wat hulle gebrei en gehekel het, aan die Marietjie Skool vir Leerders met Spesiale Onderwysbehoeftes, te skenk.
Die Kinross VLU-tak se eerste vergadering vir 2025 is op 23 Januarie en belangstellendes is welkom om dié vergadering by te woon.
Vir meer inligting, stuur ’n WhatsApp boodskap na Potgieter by 082 823 2728.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



